19 Oct NHS se atlete skuur skouers met van die bestes in Limpopo
Die jaarlikse Oktober-uittog na Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo, was weer eens ‘n groot
hoogtepunt vir die Nellies-span, wat verlede naweek (17/18 Oktober) aldaar aan die gewilde Elardus
Erasmus-byeenkoms gaan deelneem het. Die kontak met kollegas en leerlinge van daardie area se skole, is
terdeë geniet en die strawwe mededinging het mooi prestasies tot gevolg gehad. Sterk atltiekskole uit
ander streke, soos onder andere Garsfontein, Zwartkop, Prestige College en Middelburg, het ook spanne
ingeskryf en Laeveld se twee topspanne, NHS en Lydenburg, is tot die uiterste getoets.
Die spanne is in twee afdelings ingedeel, nl. Groot- en Mediumskole. Hoërskool Nelspruit het hierdie jaar
twee spanne laat deelneem: ‘n ‘groen’ en ‘wit’ span. Uit ‘n totaal van 15 spanne in die grootskole-afdeling,
eindig die Nellies se ‘wit’-span vanjaar sesde met ‘n gesamentlike totaal (seuns en meisies) van 16902.
NHS ‘groen’ was twaalfde met 14515. Zwartkop se een span was in die eersteplek (17819), gevolg deur
Prestige College (17735) en Monument A (17322).
Nelspruit se meisies, met ‘n stewige vierdeplek in hul afdeling, het afgereken met o.a. Garsfontein, Marais
Viljoen, HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg. Welgedaan!
Lydenburg het ook baie goed in hulle groep (Mediumskole) gevaar, deur ‘n blink derdeplek te verower, na
Nylstroom en Hoëskool Akasia.
Hierdie byeenkoms is ‘n spankompetisie, en die hoeveelheid punte wat atlete (volgens die ASA 2020-
tabel) verdien, bepaal die skool se uiteindelike posisie. In die proses was daar natuurlik weer ‘n hele rits
puik vertonings wat getoon het dat NHS hard aan die werk is om sy kroon by die 2026-interhoër, met
welslae te gaan verdedig.
Onder die meisies was daar VIER Nellies wat in beide hul toelaatbare twee items, prestasies van bo 800
punte gelewer het! Baie geluk aan:
Zoë Cilliers (m.17): 100m – 11.89 (908); en 200m – 25.05 (886). * Ongelukkig was die wind in die 100m
heelwat te sterk van agter, maar nogtans ‘n uitstekende tyd!
Zané Nel (m.17): gewigstoot – 13,35m (870); en skyfwerp – 38,87m (879)
Diané vd Walt (m.16): gewigstoot – 12,93m (867); en skyfwerp – 34,60m (829)
Mia du Preez (m.15): gewigstoot – 12,72m (872); en skyfwerp – 33,61m (829)
Ander vertonings bo 800 punte:
Celesté Claasen (m.15): gewigstoot – 11,23m (811)
Inneke van Heerden (m.14): skyfwerp – 32,06m (819)
Mieke Koekemoer (m.14): gewigstoot – 10,89m (811)
Chenade Botma (m.15): 100m – 12.81 (802)
Vicky J. van Vuuren (m.17): gewigstoot – 11,84m (812)
Wat die seuns betref, was Jacques Winterbach (s.15) NHS se beste van die dag. Sy pragafstand van
54,83m (skyfwerp) het 897 punte tot die spantotaal bygevoeg. Hy kon ook in gewigstoot (14,50m, 816) ‘n
stewige bydrae lewer. Wian Grobler se 49,65m (skyfwerp s.15) was 836 punte werd, en Michael Venter
(en sy afrigter!) glimlag breed na ‘n blink 13.52 in die 100m hekkies (s.15), wat vir nog 852 punte gesorg
het. Rhandzu Mkhabela het ook sterk in die 110m hekkies vir s.16 genael, om met ‘n tyd van 14.86, 823
punte los te slaan.
Ethan Green (s.17) het onteenseglik bewys dat hy volgende jaar in die 800m en 1500m die man gaan
wees om te klop! Sy tye van 1:54.78 (800m – 803) en 4:11.19 (1500m – 822) dui daarop dat hy
slaggereed is om D.V. vele medaljes in 2026 te verower.
Dit is nog kort na die winter-reses vir atlete, wat beteken dat enige vertoning van 750 en meer punte, ook
op hierdie stadium beslis vermelding verdien.
Nog van Mookgophong se oes:
Mignon Basson (m.14): 100m – 12.96 (796); ook 200m – 27.34 (784)
Jessica Badenhorst (m.14): 90m hekkies – 15.31 (785); en 300m hekkies – 49.19 (799)
Lua Henning (m.15): 300m hekkies – 48.78 (799)
Zoë J. van Vuuren (m.14): 1500m – 5:08.82 (750)
Linmarie Kemp (m.15): 100m – 13.03 (775); ook 400m – 62.69 (787)
Riëtte Botha (m.15): 100m – 13.14 (762)
Inneke van Heerden (m.14): gewigstoot – 9,92m (766)
Kiara Grobler (m.14): gewigstoot – 10,56m (796)
Chenade Botma (m.15): 200m – 26.95 (794)
Marieke Wasserman (m.15): 200m – 27.49 (765); ook 90m hekkies – 14.92 (782)
Vicky J. van Vuuren (m.17): skyfwerp – 33,16m (791)
Bernard Calitz (s.14): 100m – 11.39 (758); ook 200m – 23.09 (775)
Aldo van Jaarsveld (s.16): 110m hekkies – 15.46 (772)
Artikel: Kobus de Wet









