17 Feb Noordheuwel-byeenkoms ‘n atletiekfees soos min!
Dit was gewis die ver ry en laat nag werd, want NHS se atletiekspan het omtrént op Vrydag 13 Februarie spiere gebult en met volle oorgawe die bestes van Noordheuwel, Randburg en Transvalia, die stryd aangesê! Die talle podiumplekke en spogtye, -hoogtes en -afstande, is ‘n bewys dat die Nellies volstoom op pad is om Saterdag 22 Februarie se Laeveld Vriendskaplike Interhoër op Witrivier, ‘n onvergeetlike dag te maak.
Menzi Shiba (s.17), Wiaan Grobler (s.15), Aldo van Jaarsveld (s.16) en Barnard Calitz (s.14), was van die groot uitblinkers onder die seuns. Menzi wen die 110m hekkies (14.26, 876 punte) op indrukwekkende wyse, en voeg later ook die 400m (50.49, 808) by sy goue oes van die dag. Wiaan se skitterende gooi van 51,29m (856) in skyfwerp, sal vir seker nog lank onthou word! Aldo behaal ‘n goue DRIEKUNS, deur eerste in die 110m en 400m hekkies, asook verspring, te eindig. Ook Bernard wen DRIE items: 200m, hoogspring en verspring. Welgedaan!
Die beste prestasie deur ‘n meisie van NHS, was die bestendige Zané Nel se stewige 39,78m in skyfwerp m.17, waarvoor sy 892 punte verdien het. Sy sorg ook vir die tweede beste prestasie van die dag, deur die 3kg-gewig op ‘n baie goeie 13,31m (869) te laat grondvat. Sheba Sithole se 2:19.55 (858) in die 800m vir m.19, het die Nellies ook breed laat glimlag.
Om volle erkenning aan al die pragtige prestasies te gee, is nogal ‘n omvangryke taak! Kyk net hoe goed het die atlete oor die volle spektrum van ouderdomsgroepe en items, gevaar:
SEUNS/ MEISIES 14
GOUE medaljes (eersteplekke)
Bernard Calitz: 200m – 24.60; hoogspring – 1,60m; en verspring – 5,45m
Elizabeth du Toit: verspring – 4,84m
SILWER medaljes (tweede)
Pieter Prinsloo: 300m hekkies – 45.93
Ihvan Pretorius: 800m – 2:13.40
WC van Schalkwyk: gewigstoot – 13,18m (759)
Aflos – 50.95
Jess Badenhorst: 300m hekkies – 49.41 (794)
Zoë J.van Vuuren: 800m – 2:25.21 (830); ook 1500m – 5:20.63
Elandri Kemp: 200m – 27.43 (787)
Inneke van Heerden: skyfwerp – 28,78m (761)
Aflos – 53.75
BRONS medaljes (derde)
Joshua Nice: hoogspring – 1,50m
Matthias le Roux: 400m – 58.25
Ihvan Pretorius: 1500m – 4:42.83
Annie Bester: 400m – 64.45; en 800m – 2:36.12
Jess Badenhorst: 90m hekkies – 14.65 (846); en hoogspring – 1,45m
Mignon Basson: 100m – 13.26 (783)
Annerien Kotzee: verspring – 4,52m
Kamea Fincham: 1500m – 5:28.23
SEUNS/MEISIES 15
GOUE medaljes (eerste)
Wiaan Grobler: skyfwerp – 51,29m (856)
Grant Venter: 100m hekkies – 13.90 (833)
Jacques Winterbach: gewigstoot – 14,37m (810)
Julian Middel: 3000m – 11:12.27
Erenst Zeelie: spiesgooi – 51,53m
Marike Wasserman: 300m hekkies – 48.48 (804)
Leney Maree: 800m – 2:26.80 (800); en 1500m – 5:08.13 (752)
Mia du Preez: gewigstoot – 11,74m (833)
SILWER medaljes (tweede)
Julian Middel: 800m – 2:15.92
Jacques Winterbach: skyfwerp – 49,10m (829)
Wiaan Grobler: gewigstoot – 13,11m (750)
Andries van Wyngaardt: 3000m – 11:20.27
Matthias Odendaal: 1500m – 5:04.86
Zané Nel: gewigstoot – 13,31m (869); en skyfwerp – 39,78m (892)
Lua Henning: 300m hekkies – 48.84 (797)
Mia du Preez: skyfwerp – 31,84m (799)
Marike Wasserman: 200m – 27.43 (775)
Aldorette vd Mescht: 400m – 65.21
Aflos – 52.06
BRONS medaljes (derde)
Grant Venter: 300m hekkies – 42.14
Matthias Odendaal: 800m – 2:17.33
Charl van Dort: hoogspring – 1,75m
Robert Jardine: 3000m – 11:21.82
Naudé Breytenbach: 400m – 55.06
Aflos – 46.64
Minke Badenhorst: hoogspring – 1,40m
Lua Henning: 200m – 27.77 (758)
Celesté Classen: gewigstoot – 10,91m (798)
Marike Wasserman: 90m hekkies – 14.78 (805)
LinMari Kemp: 100m – 13.38 (756)
Lara J. van Rensburg: 1500m – 5:29.47
SEUNS/MEISIES 16
GOUD (eerste)
Aldo van Jaarsveld: 110m hekkies – 15.01 (805); ook 400m hekkies – 57.25, en verspring – 6,27m
SILWER (tweede)
Rhandzu Mkhabela: 400m hekkies – 60.43
Divan Spruyt: 800m – 2:07.49
Robroy McGregor: gewigstoot – 14,90m (815)
Aldo van Jaarsveld: 400m – 54.02
Aflos – 46.69
Layla Wienand: 100m hekkies – 16.92
Aflos – 53.65
BRONS (derde)
Christiaan de Klerk: 200m – 24.25
Rhandzu Mkhabela: 100m – 11.65; en 400m – 54.40
Emile van Zyl: hoogspring – 1,65m
Layla Wienand: 400m hekkies – 72.51 (768)
Quinet Swart: 100m hekkies – 16.98; en 400m – 66.40
SEUNS/MEISIES 17
GOUD (eerste)
Menzi Shiba: 110m hekkies – 14.26 (876); en 400m – 50.49 (808)
Ethan Green: 800m – 1:59.42 (758)
Tye Habib: verspring – 6,62m (790)
Owen Ngwenya: driesprong – 13,26m
Aflos – 44.49 (778)
Kaycee Fincham: 800m – 2:25.20 (802)
SILWER (tweede)
Joshua Neytzell-Dewilde: 800m – 2:03.79
Lian Antunes: 200m – 23.12
Zané Nel: gewigstoot – 13,31m (869); en skyfwerp – 39,78m (892)
Zoë Cilliers: 200m – 26.46 (806)
Levandi Hough: verspring – 5,02m
Kaycee Fincham: 1500m – 5:17.59
BRONS (derde)
Dirk-Arnold Joubert: gewigstoot – 14,73m (803); ook skyfwerp – 45,26m (797)
Christiaan Spruyt: 400m – 52.43; en 800m – 2:06.07
Menzi Shiba: 100m – 11.15 (774); en 200m – 23.22
Henru Herbst: 3000m – 9:57.94 (762)
Rian Botha: spiesgooi – 51,33m
Ethan Green: 1500m – 4:32.62
Isabel Prinsloo: 400m hekkies – 69.91 (796)
Vicky J. van Vuuren: skyfwerp – 31,75m (768); en spiesgooi – 29,10m
Menique van Zyl: 800m – 2:33.11
Sherise Hopkins: driesprong – 10,15m
Wilma Scholtz: 1500m – 5:21.10
SEUNS/MEISIES 19
GOUD (eerste)
Jordan Pretorius: verspring – 6,97m (802)
Azelle du Preez: 400m hekkies – 66.33 (836)
Elizma de Villiers: hoogspring – 1,60m
Sheba Sithole: 3000m – 11:10.67 (827)
Lourica vd Merwe: spiesgooi – 32,02m
SILWER (tweede)
Anele Mkhonto: 800m – 1:57.58; en 1500m – 4:19.76 (761)
Wihan Lambrechts: 400m hekkies – 59.36
John Duncan: hoogspring – 1,70m
Tinyiko Silubane: 110m hekkies – 15.71 (761)
Joshua Fincham: 3000m – 10:10.14
Zwide Nxumalo: driesprong – 12,18m
Samuel Odendaal: 400m – 53.62
Michelle Groenewald: 400m hekkies – 67.20 (823)
Sheba Sithole: 800m – 2:19.55 (858); en 1500m – 5:09.94
Liemoni Joubert: verspring – 4,99m
BRONS (derde)
Wiaan Geldenhuys: hoogspring – 1,65m
Divan de Kock: gewigstoot – 12,80m; en skyfwerp – 38,81m (754)
Joshua Fincham: 800m – 2:01.06
Jordan Pretorius: 110m hekkies – 16.01
Laubscher Boshoff: 3000m – 10:13.76
Tinyiko Silubane: 100m – 11.26
Jacques Bouwer: spiesgooi – 43,97m
Michelle Groenewald: 100m hekkies – 15.98 (777)
Ingemari Odendaal: 3000m – 12:40.16
Juané le Roux: skyfwerp – 31,93m; en spiesgooi – 31,33m
Aflos – 51.82
Daar was nog ‘n paar blink vertonings, van prestasies bo 750 punte:
Vian Louw (s.17): gewigstoot – 14,50m (792)
Rhandzu Mkhabela (s.16): 110m hekkies – 15.22 (787)
Lian Antunes (s.17): 100m – 11.21 (763)
Michelle Groenewald (m.19): 100m – 12.79 (781)
Elandri Kemp (m.14): 100m – 13.37 (770)
Mia Jacobs (m.16): gewigstoot – 10,49m (767)
Juané le Roux (m.19): gewigstoot – 9.78m (765)
Mieke Pauer (m.15): 800m – 2:30.86 (762)
Elizabeth du Toit (m.14): 90m hekkies – 15.55 (782); en 300m hekkies – 51.19 (761)
Emily Pieterse (m,14): gewigstoot – 9,76m (759)
Liemoni Joubert (m.19): gewigstoot – 9,62m (758)
Mienke Fourie (m.15): 300m hekkies – 50.95 (757)
Minke Badenhorst (m.15): 200m – 27.78 (757)
Riëtte Botha (m.15): 100m – 13.42 (751)
Baie sterkte vir al die atlete en hul toegewyde afrigters, vir Saterdag se groot atletiek op Witrivier! Daar is hard gewerk; mag 2025 se interhoër vir elkeen ‘n dag van welverdiende sukses, heerlike atletiek en aangename herinneringe, wees.
Artikel: Mnr. Kobus de Wet
Foto’s: Simoné Lourens











