29 Oct NHS se atlete sluit seisoen op ‘n hoë noot af op Witrivier
Om vir oulaas in 2025 teen van die beste atlete van 24 ander skole en klubs te kon deelneem, en dit nog hier naby die huis in die skone Laeveld, was ‘n wonderlike geleentheid wat Nellies se atlete nie kon laat verbygaan nie. Baie dankie aan buurskool Rob Ferreira, wat weer eens geen moeite ontsien het om die jaarlikse JJJ-byeenkoms, ‘n groot sukses te maak nie. Atlete van oor die hele Mpumalanga en selfs uit Limpopo, het die gunstige toestande deeglik benut en met vele blink vertonings vorendag gekom. Hoërskool Nelspruit se span is uiteindelik as wenners vir die dag aangewys, gevolg deur Hoërskool Middelburg en die gasheerskool, Rob Ferreira.
Danksy uitstekende vertonings in die afdeling vir seuns 14, het NHS se Bernard Calitz die gesogte Victor Ludorum- trofee vir junior seuns ingepalm. Bernard was in die 100m (11.21) en 200m (22.99) aan die wenkant, en het ook goed in hoogspring (1,70m) gevaar.
Daar was talle opwindende wedlope, maar veral die 100m hekkies vir seuns 15, sal nie lig vergeet word nie! Drie haastige manne, NHS se Michael Venter en Rob F se Radley Johnson en Kevin Forssman, het skouer aan skouer op die wenstreep afgepeil en die skare op die punte van hulle stoele gehad. Nadat hy die vorige naweek op Mookghopong ‘n vinnige 13.52 aangeteken het, was Michael vasberade om sy pb nogeens te verbeter. Dit was naelskraap, maar Michael kon net-net daarin slaag om in ‘n blink tyd van 13.31 eerste te eindig, met Radley (13.39) en Kevin (13..49) kort op sy hakke.
Al is sy vanjaar nog onder 17, het Zané Nel aan die gewigstoot en skyfwerp vir meisies 19 deelgeneem. Sy gooi die skyf 37,73m ver (eerste), en moes toe vir die heel eerste keer by ‘n byeenkoms, met die swaarder 4kg-gewig deelneem. ‘n Afstand van verder as 11 meter was in die visier, maar watwou – Zané trek los met ‘n stewige 12,40m en skryf toe op die koop toe, ook sommer die byeenkomsrekord agter haar naam! Hierdie prestasies het aan haar die trofee vir die beste senior meisie (worpe), besorg. Nog trofeë wat deur Nellies verower is, is die toekennings vir senior hekkies, waarin Menzi Shiba (seuns) en Simone Lourens (meisies) die sterre was; asook die trofee vir beste senior langafstand (meisies), wat aan Menique van Zyl toegeken is.
Wanneer individuele prestasies die norm is, is daar natuurlik medaljes op die spel. Baie geluk aan die volgende Nellies wat podiumplekke verower het (punte van 800 en meer, word aangedui):
SEUNS – eersteplekke (goud)
Menzi Shiba (s.19): 400m hekkies – 53.76 (889)
Jacques Winterbach (s.15): skyfwerp – 53,15m (878)
Michael Venter (s.15): 100m hekkies – 13.31 (872); ook 100m – 11.02
Robroy McGregor (s.16): gewigstoot – 15,20m (828)
Bernard Calitz (s.14): 200m – 100m – 11.21; ook 200m – 22.99
Ivhan Pretorius (s.14): 1500m – 4:33.58
MEISIES – goud
Mia du Preez (m.15): gewigstoot – 13,03m (884); ook skyfwerp – 35,29m (856); asook hamergooi (m.19) – 27,74m
Zané Nel (m.19): gewigstoot – 12,40m (879); ook skyfwerp – 37,73m (833)
Simoné Lourens (m.19): 400m hekkies – 65.57 (848)
Diané vd Walt (m.16): gewigstoot – 12,15m (836)
Chenade Botma (m.15): 100m – 12.67 (817); en 200m – 26.92
Zoë Cilliers (m.19): 400m – 62.32
Elizabeth du Toit (m.14); verpring – 4,99m
Menique van Zyl (m.19): 800m – 2:33.37
Zoë J. van Vuuren (m.14): 1500m – 5:09.70
LinMari Kemp (m.15): 400m – 62.82
Lua Henning (m.15): 90m hekkies – 14.05 (806)
SEUNS – tweedeplekke (silwer)
Michael Venter (s.15): 300m hekkies – 40.18
Bernard Calitz (s.14): hoogspring – 1,70m
Julian Middel (s.15): 800m – 2:08.43
Charl van Dort (s.15): hoogspring – 1,75m
Janco Wendelstadt (s.15): skyfwerp – 42,91m
Matias le Roux (s.14): spiesgooi – 39,05m
Jacques Winterbach (s.15): gewigstoot – 15,37m (855)
MEISIES – silwer
Jessica Badenhorst (m.14): 90m hekkies – 14.82 (818)
Elizabeth du Toit (m.14): 300m hekkies – 48.31 (816)
LinMari Kemp (m.15): 300m hekkies – 48.77
Vicky J. van Vuuren (m.17): skyfwerp – 30,76m
Mieke Koekemoer (m.14): skyfwerp – 27,85m
Ingemari Odendaal (m.19): 1500m – 5:39.46
Quinet Swart (m.16): 100m hekkies – 16.88
Minke Badenhorst (m.15): hoogspring – 1,55m
Marike Wasserman (m.15): 90m hekkies – 14.56 (805)
Diané vd Walt (m.16): skyfwerp – 34,07m (821)
Zoë J. van Vuuren (m.14): 800m – 2:33.12
SEUNS – derdeplekke (brons)
Janco Wendelstadt (s.14): skyfwerp – 47,04m (814)
Rhandzu Mkhabela (s.16): 400m hekkies – 57.83
Ernst Zeelie (s.15): 300m hekkies – 42.04
Anele Mkhonto (s.19): 1500m – 4:21.51
Jacques Winterbach (s.16): gewigstoot – 13,56m
Owen Ngwenya (s.19): driesprong – 12,60m
Ivhan Pretorius (s.14): 800m – 2:09.57
Tye Habib (s.19): verspring – 6,56m
Naudé Breytenbach (s.15): 400m – 53.25
MEISIES – brons
Jessica Badenhorst (m.14): 300m hekkies – 48.36 (815)
Ava Oosthuizen (m.19): 800m – 2:46.66
Kamea Fincham (m.14): 1500m – 5:24.87
Renate Swanepoel (m.16): spiesgooi – 28,48m
Menique van Zyl (m.19): 400m – 68.76
Rebekkah Braack (m.19): 1500m – 5:43.32
LinMari Kemp (m.15): 100m – 12.96
Mignon Basson (m.14): 200m – 26.76 (814)
Mieke Koekemoer (m.14): gewigstoot – 10,44m
Al was hulle nie onder die eerste drie in hierdie items nie, neem ons deeglik kennis van nog ‘n groot aantal atlete wat D.V. kan bydra om die 2026-seisoen, onvergeetlik te maak:
Aldo van Jaarsveld (s.16): 400m hekkies – 58.69
Boshoff Laubscher (s.19): 1500m – 4:23.55
Henru Herbst (s.19): 1500m – 4:23.68
Roelf Winterbach (s.14): gewigstoot – 12,13m
Julian Middel (s.15): 1500m – 4:52.20
Tiaan Augustyn (s.16): 800m – 2:04.91
Morné van Wyk (s.14): 200m – 24.94
Johnny Wasserman (s.14): 100m hekkies – 14.67
Erenst Zeelie (s.15): 200m – 23.90; ook 100m hekkies – 14.49
Luan Naudé (s.15): 200m – 23.94
Pieter Henning (s.15): 100m hekkies – 14.52
Hanlu Steenkamp (s.15): 100m hekkies – 14.62
Emile van Zyl (s.16): hoogspring – 1,75m
Robert Jardine (s.15): 400m – 55.55
Naudé Breytenbach (s.15): 100m – 11.24
Quinet Swart (m.16): 400m hekkies – 72.36
Layla Wienand (m.16): 400m hekkies (75.44)
Jessica Badenhorst (m.14): hoogspring – 1,50m
Viné van Wyk (m.14): hoogspring – 1,50m
Riëtte Botha (m.15): verspring – 4,69m; ook 90m hekkies – 16.19
Ava Oosthuizen (m.19): 100m – 13.28; ook 1500m – 6:04.47
Mieke Pauer (m.16): 800m – 2:38.06
Celesté Classen (m.16): gewigstoot – 11,21m
Mia Jacobs (m.16): gewigstoot – 9,98m
Natasha Groenewald (m.16): 200m – 27.95
Bea Henning (m.14): 200m – 28.57
Mienke Fourie (m.15): 90m hekkies – 15.27
Minke Badenhorst (m.15) – 27.91

















