Uitstekende prestasie vir NHS-atletiekspan by Noordheuwel!

Uitstekende prestasie vir NHS-atletiekspan by Noordheuwel!

Die jaarlikse gesogte Elardus Erasmus-byeenkoms wat op Vrydag 13 Oktober te Krugersdorp afgehandel is, was in meer as een opsig ‘n groot hoogtepunt op vanjaar se atletiekkalender. Vanjaar het ‘n indrukwekkende totaal van 110 spanne mekaar behoorlik opgedreun om as kampioenspan van die dag, aangewys te word. Hierdie uitsonderlike groot getal, is ietwat misleidend, omdat talle skole vanjaar TWEE spanne ingeskryf het – soos Hoërskool Nelspruit dan ook gedoen het. NHS se A-span het as NHS Groen deelgeneem, terwyl die B-span as NHS Geel bekend gestaan het. Daar is ook vir laerskool-atlete voorsiening gemaak, deur items in die onder 14-afdeling aan te bied. So kon van die ‘amper-Nellies’ (volgende jaar se voornemende gr.8’s) ook hul slag as lede van NHS Geel, toon.

Die mikpunt was nog altyd om onder die top 10 spanne te eindig – ‘  groot uitdaging, gegewe die baie spanne wat deelneem. Hoërskool Nelspruit slaag vanjaar daarin om algeheel SESDE te eindig! Die top ses spanne, met hul gemiddelde ASA-punt per span, was:

  1. Prestige College (887)
  2. Zwartkop (879)
  3. Noordheuwel (876)
  4. Monument (847)
  5. Potch Gim (834)
  6. NHS Groen (831) Die ander span (NHS Geel) het 16e geëndig (765)

Nellies Groen se meisies spog met ‘n vyfdeplek (880 gemiddeld), met die Geel-span in die 14e plek met 765. ‘n Totaal van 49 meisiespanne was in aksie.

Die seuns het swaar getrek, maar tog kon NHS Groen uiteindelik ‘n gemiddeld van 783 behaal, wat hulle in die 13e plek geplaas het. NHS Geel se gemiddeld was 737 (24e). Daar was 53 seunspanne wat deelgeneem het.

Al is akademie tans eerste priotiteit, het ster-atleet en matrikulant Ashley Erasmus nog ‘n goue tweekuns by haar imposante versameling gevoeg – en weer eens die trofee as beste veldatleet van die dag, ingepalm. Ashley skitter met voltalle van 1000 punte in gewigstoot (15,42m) en skyfwerp (50,07m) vir meisies 19.

Soos algemeen na haar onlangse uitstekende afstande verwag is, het Zané Nel (m.15) nogeens ‘n uiters waardevolle bydrae tot NHS se totaal gemaak. Sy eindig algeheel derde in gewigstoot (13,28m – 896) en vierde in skyfwerp (36,30m – 872). Hou gerus hierdie kranige en hardwerkende atleet dop in die nuwe seisoen; sy gaan vir seker nog vir nog groter vuurwerke sorg!

Nog ‘n paar NHS-meisies het elk twee vertonings bo 800 punte gelewer. Juané (Lulu) le Roux (m.16) vermag dit in gewigstoot (12,65m – 856), asook in skyfwerp (34,53m – 828). Ook Sheba Sithole het nie op haar laat wag nie. Sy voltooi die 3000m (m.16) in 11:07.78 (841), asook die 800m in ‘n goeie 2:25.59 (802). Hekkies-spesialis Simoné Lourens (m.15) se bydrae was ‘n uitstekende 47.32 in die 300m hekkies (829), en sy volg dit op met ‘n mooi tyd van 14.40 in die 90m hekkies (833).

Neem gerus ook kennis van ‘n nuwe naam op die horison, wat hoërskool-atletiek betref. Malalane se Olivia Scheepers het haar buiging as lid van NHS Geel met ‘n blink vertoning in gewigstoot (m.14) gemaak, toe sy die 3kg-gewig op ‘n yslike 13,26m laat grondvat het! Dit het aan haar en die span 908 punte besorg.

Wat die seuns betref, glimlag Menzi Shiba breed, nadat hy die 100m hekkies (s.15) in ‘n pragtige tyd van 13.60 (863 punte) afgeblits het. Net junior Keenan J.van Rensburg kon ook verby die 800 merk kom, toe hy ‘n baie belowende 47,07m (815) in skyfwerp vir seuns 14, gehaal het.

‘n Item wat beslis spesiale vermelding verdien, is die gewigstoot vir meisies 14. NHS se inskrywings het daarin geslaag om AL die podiumplekke (eerste, tweede en derde) te verower – en dit wil gedoen wees by ‘n byeenkoms van hierdie formaat! Baie geluk aan Olivia Scheepers (eerste met 13,26m); Mia du Preez (tweede met 11,47m – 836) en Diané vd Walt (derde, 11,22m – 825), asook hulle afrigters.

Benewens genoemde prestasies, het die volgende Nellies ook in hul onderskeie items die oog gevang en ‘n mens laat uitsien na volgende naweek se Top 30 byeenkoms op Potchefstroom:

Vicky J.van Vuuren (m.15): gewigstoot – 11,70m (831)

Ava Oosthuizen (m.15): 3000m – 12:02.11; ook 1500m – 5:30.64

Marike Wasserman (m.14): 300m hekkies – 50.45; ook 200m – 27.77

Riëtte Botha (m.14): 100m – 13.66; ook 200m – 28.30

Angelica Graham (m.19): 200m – 27.55

Olivia Scheepers (m.14): skyfwerp – 28,67m

Lourica vd Merwe (m.16): gewigstoot – 10,58m; ook spiesgooi – 31,89m

Menique van Zyl (m.15): 800m – 2:39.43

Anushka Botma (m.16): 100m – 13.99

Chenade Botma (m.14): 100m – 13.38; ook 200m – 28.34

 

Henru Herbst (s.15): 3000m – 10:37.12

Menzi Shiba (s.15): 300m hekkies – 40.36

Tye Habib (s.15): driesprong – 12,15m; ook verspring – 6,06m

Owen Ngwenya (s.15): hoogspring – 1,80m

Dylan Duvenhage (s.14): 100m – 12.34

Lian Antunes (s.15): 200m – 24.27

Jacques Bouwer (s.16): spiesgooi – 54,10m

Aldo van Jaarsveld (s.14): 100m hekkies – 14.64; ook 300m hekkies – 43.84

Ethan Green (s.15): 800m – 2:10.36

Keenan J.van Rensburg (s.14): gewigstoot – 12,61m

Robroy McGregor (s.14): gewigstoot – 13,60m

Dirk Joubert (s.15): gewigstoot – 14,10m; ook skyfwerp – 45,94m

Anele Mkhonto (s.16): 800m – 2:00.29; ook 1500m – 4:23.87

Komo Monkwe (s.15): 100m hekkies – 14.65; ook verspring – 6,17m

David Botha (s.17): spiesgooi – 58,88m

Jacques Winterbach (s.14): gewigstoot – 11,81m; ook skyfwerp – 37,70m

Rotandzu Mhakabela (s.14): 100m hekkies – 15.53

 

 

 

 

 

 

 

Tags:
, ,